’n Nuwe ‘sexy’ treffer van Dirk van der Westhuizen

Eers is daar suiker gegooi, toe spoel hy dit af en nou gaan Dirk van der Westhuizen die koue blus met sy nuwe vuurwarm enkelsnit getiteld Sexy Vi My.

Die enkelsnit, wat ook die titelsnit van Dirk se nuutste album is, is ’n Afrikaanse pop/dansliedjie wat enigiemand sexy gaan laat voel. “Hierdie is definitief ’n liedjie wat jy op die dansvloer uit volle bors gaan saam sing en jy gaan hotter as botter voel,” vertel die sanger en lag nederig.

Die liedjie is deur die talentvolle Johan Oberholzer geskryf. Talle treffers kom reeds uit Johan se pen. Oor die storie agter die liedjie sê Dirk: “Soveel mense se daaglikse lewens is gevul met prioriteite en verantwoordelikhede dat dae, maande en selfs jare net verby hul gaan sonder enige me time en feel good time. Ek hoop die liedjie gaan dit verander.”

Volgens Dirk het hy die liedjie as sy volgende enkelsnit gekies omdat dit belangrik is om mense spesiaal te laat voel, en hy kry dit hoeka reeds reg. “Ek sing die liedjie gereeld by my optredes en mense ontvang dit goed. Ek glo enige iemand met ’n lus vir die lewe, wat ’n bietjie openminded is, sal die liedjie geniet.”

En wat is ’n sexy liedjie sonder ’n sexy musiekvideo? Die musiekvideo, wat deur Christiaan Wolf van Brickwolf Productions opgeneem is, speel af by Dirk se huis en het ’n tropiese gevoel. “Ons het die hele huis verander in ’n tropical house party met palm bome en helderkleurige ligte.

Ek en my dansers doen ook ’n Sexy Vi My-dans. Daar is ook tonele waar ek met ’n mooi meisie flirt, vir haar sing, swem en om die swembad kuier. Ek dink dit gaan ’n lekker partytjie-video wees,” sê hy. En ja, die hemde gaan waai. “Ek hou mos daarvan om kanse te vat en voluit te leef,” skerts Dirk.

Loer hier onder na die nuwe treffer:- Dirk van der Westhuizen – Sexy Vi My

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment