Lekkerland 2018 karnaval: Groter, beter en nóg lekkerder!

Jou gunsteling karnaval is terug; King Price-versekering en kykNET, in samewerking met Matchbox Live, keer terug na Dullstroom vir die tweede aflewering van Lekkerland Carnival op 7 April 2018.

Vanjaar se Lekkerland Carnival beloof om groter, beter en lekkerder as verlede jaar te wees. Kunstenaars soos Karen Zoid, Matthew Mole, Refentse, Adelle Nqeto, Bouwer Bosch en The Barbosa Experience sal tydens dié fees optree.

Die fees is familievriendelik en het selfs ’n kinderarea. Die BDI Street Performance Troupe gaan ook sorg vir hope vermaak. Natuurlik sal daar verskeie stalletjies, karnaval kos en ’n kroeg beskikbaar wees.

Die gewilde Mpumalanga-dorpie, Dullstroom, met sy interessante winkels, kunsgalerye, restaurante, bergpaaie en ongelooflike natuurskoon sal weer eens die tuiste vir hierdie unike karnaval wees. Dullstroom is sowat twee en halfuur se ry van Johannesburg en Pretoria, wat dit die perfekte naweekwegbreek vir enige gesin maak.

Vanjaar kan feesgangers uitsien na verskeie pop-up musiekgeleenthede by uitgesoekte restaurante en venues op Vrydag en Saterdag.

Datum:- 6 April en 8 April

Tyd:- 08:00 tot laat

Toegang:- Bespreek jou kaartjie hier:- plankton.mobi & Computicket.co.za
Kaartjies sluit toegang tot die uitgesoekte vertonings op by sekere venues in – maar sitplekke is beperk, bespreek dus vooraf.


Is u opsoek na ‘n plekkie naby om te oornag??kliek hier !!



Is u opsoek na ‘n motor om te huur?Besoek SKY.co.za nou!

Address:- Die karnaval sal plaasvind op die Dullstroom Village Green-gronde.

Kontak:- 013 254 0254


SA-Radio.com
To list your event, concert or gig, contact SA-Radio.com

To receive our gig guide, Subscribe here FREE!


Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment