Die Nagligte is hier om te bly, verseker!

Die rockgroep, Nagligte, is gedurende 2016 vir twee Ghoemas benoem en het ook in Oktober 2016 weggestap met twee Bokkie toekennings vir, Nuweling van die jaar en Groep van die jaar.

Hulle het ook al gesig gewys op televisie progamme soos Jou Show met Emo, Bravo, Die Groot Ontbyt, Flits, Pasella en op die glansblaaie van Rooi Rose gekuier.

Die drie lede, Jacobus ‘Roof’ Brink (voorsanger, kitaar en klavier), Wynand Jonker (kitaar) en Daniël ‘Eddie’ Brink (dromme) is terug met ’n nuwe enkelsnit getiteld, Bly, waarvan die musiekvideo reeds op verskeie televisie kanale gesien kan word.

Nagligte se debuutalbum, Hoop in die Donker, is gedurende die tweede helfte van 2015 uitgereik en het onmiddellik aandag getrek.

Die eerste enkelsnit, Dit Stop Nou, was ’n kitstreffer en het vir weke lank bo-aan die trefferparades van bekende radiostasies gepryk. Ander treffers op die album sluit in Ongeloof(lik), Skyn, Veg en Skree, Vir Nou, Konsentreer, Hoop in die Donker, Die Roepstem, Hou Dit Teen My, Beter Dae en Een Saam.

Loer hier onder na een van hulle treffers:- Nagligte – Dit stop nou

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment