Die musiek blom vanjaar by die Vrystaatse Kunstefees 2018, kom gerus ‘n draai!

Die Vrystaat Kunstefees, in wese ’n Afrikaanse fees, is besig om hom as een van die belangrikste internasionale kunstefeeste op die Afrika-vasteland te vestig.

Datum:- 8 – 14 Julie 2018

Tyd:- die inligting is nie beskikbaar nie

Toegang:- R60, meer inligting oor pryse is nie beskikbaar nie


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Bloemfontein?? kliek hier !!

Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!

Bloemfontein het alles wat nodig is om dié sukses te verseker: Die stad is sentraal geleë, bied uitstekende vervoer (insluitend ’n internasionale lughawe), wonderlike verblyfmoontlikhede en van die beste teater- en tegniese infrastruktuur in ’n sekondêre stad in Afrika.

Adres:- University of the Free State, 205 Nelson Mandela Dr, Park West, Bloemfontein, 9301

GPS Koordinate:- 29.1113° S, 26.1870° E

Kontak:- 051-404-7811

As jy lief is vir musiek, sal ’n uitvoering van werke wat Nelson Mandela se tronknommer 46664 weerspieël jou sekerlik prikkel. Of enige van die twee afskopkonserte – Dozi en Refentse wat saam optree, en Vyf klaviere waarin twee van die pianiste die oud Bloemfonteiners Cézarre Strydom en Stephan Bezuidenhout is.

Albei konserte is op Sondag 8 Julie, wat beteken dat geen feesganger weens werkverpligtinge daarvan weerhou kan word nie. En hoe klink die fenomenale kitaarduo CH2 saam met Chris Chameleon of Amanda Strydom met haar nuwe produksie So onner deur die maan?

Die gewilde Aasvoëlklub is die tuiste vir top musiekproduksies soos Caroline Grace en Fatman se Beauty & The Beast, Touch of Class, Spoegwolf, Koos Kombuis, Harrebaard asook Koos van der Merwe.

Oorwurms soos Kurt Darren, Brendan Peyper, Manie Jackson en selfs Karen Zoid is ook op die feesprogram. Op 14 Julie gaan Zoid die Sand du Plessis-teater se dak lig met van haar grootste treffers.

Vir diegene wat ’n blaaskans tussen toneel en kuns wil neem is die Blêrkas die idiale wegkom kans. Hier kan jy gratis optredes deur onder andere Hanna Boss, Ivan Roux, CH2, 1925Band en vele meer geniet. Op 12 Julie is Francois van Coke en op 14 Julie is Jack Parow op die verhoog te sien.


SA-Radio.com
Om jou gebeurtenis, konsert of konsert te lys,
kontak SA-Radio.com

Om ons giggids te ontvang,Skryf hier in
GRATIS!


Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment